Volgens inligting ontvang van die Da Gamaskop-polisie was die vrouebestuurder van ‘n Mercedes Benz onderweg in die rigting van die N2.
By die padaansluiting het 2 gewapende swartmans by haar in die voertuig gespring. Die voertuig se deure was vermoedelik nie gesluit nie. Die mans het die vrou met messe gedreig en in die rigting van Brandwag op die Geelbeksvlei-pad gedwing.
In die omgewing van die plaas, Belvedere, het die mans die vrou gedwing om die voertuig tot stilstand te bring waarna hulle die bosse in gevlug het. Die verdagtes het met die vrou se beursie, ‘n kontantbedrag en haar tabletrekenaar gevlug.