DYSSELSDORP NUUS - Twee jong meisies het vanoggend omstreeks 10:00 in Dysselsdorp se kanaal beland.
Volgens 'n ooggetuie, David September, kon hy en drie ander mans slegs een van die kinders red.
"Ek was vanoggend na my familie op pad toe ek kinders hoor gil. Ek het dadelik die bult by die kanaal uitgedraf om te kyk wat aangaan. Toe ek bo kom was twee jong meisies in die water.
"Ek het plat op my maag langs die kanaal gelê om een van die kinders te red. Die ander meisie was buite ons bereik en ons het al langs die kanaal gehardloop om haar te probeer red, maar die stroom was te sterk, " het 'n emosionele September gesê.
Volgens inligting verskaf aan die Oudtshoorn Courant is die sluise van die kanaal gesluit in 'n poging om die ander vermiste kind te vind.
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'