NASIONALE NUUS - Die polisie het vanoggend bevestig dat die vermiste man van Hartenbos, Desmond Share (52) vermoor is.
Share het ‘n week gelede vermis geraak nadat hy werk by Herbertsdale moes gaan doen het.
Polisiewoordvoerder, sersant Chris Spies sê Share se liggaam is Saterdag tussen bosse naby Albertinia gevind.
Share het verskeie beserings opgedoen en is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar.
Lees meer op susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’