Só sê Roelf Meyer, ’n oudminister van grondwetlike ontwikkeling wat voor 1994 saam met adjunkpres. Cyril Ramaphosa oor die einde van apartheid onderhandel het.
Meyer meen onder goeie leierskap, soos dié van Ramaphosa wat hy glo die volgende president kan wees, sal Suid-Afrika hom binne enkele jare as ’n “suksesvolle, volhoubare land” vestig.
Hy was Saterdag die spreker op die geselligheid ter viering van die damesklub Nellie Swart se 43ste verjaardag in die kerksaal van die NG kerk Berg-en-Dal in Bloemfontein.