Krieket Suid-Afrika het Woensdagoggend ’n foto van die gesin pas ná klein AB se geboorte getwiet en hulle gelukgewens.
Luidens die twiet het De Villiers, kaptein van die Proteas se eendagtoetsspan, gesê: “Ons almal voel baie geseënd en dankbaar. Dit gaan goed met mamma en seun.”