Bianca Muller (27) van Boksburg se man, Johan, waak dag en nag by sy vrou in die Parkrand-kliniek in Springs terwyl familie na hul kinders, Leané en Natasha (4), omsien.
Klein Leané is op 10 Junie, op 37 weke, met ’n noodkeisersnee gebore nadat haar ma in die hospitaal siek begin voel en die H1N1-virus by haar gediagnoseer is.