Beide haar seuns, Stefan (17) en Juhan (18), het haar daarheen vergesel na ‘n oproep van Jan vroeër die dag, waartydens hy aangedring het op sy wapens, wat in me. Briedenhann se kluis was.
Omdat sy die wapens onwettig in haar besit gehad het, moes die polisie dadelik daarop beslag lê, maar dit het egter nie gebeur nie, omdat Jan gejok het dat die kluissleutels weg is.
Die sleutels was egter tog in sy besit omdat hy die .38 pistool waarmee hy me. Briedenhann en homself om die lewe gebring het, die Dinsdag voor die tragedie by hul huis in Gilfillanstraat gaan haal het.
Juhan was tuis en sê dat mnr. Briedenhann hom met sy aankoms daar gedreig het, en net die .38 pistool uit die kluis geneem het, nie sy ander wapens nie.