Bianca Page, ’n 20-jarige B.Pharm-student het vanoggend gesterf nadat haar motor met 'n tenkwa op die N12 sowat 20 kilometer buite Potchefstroom gebots het. Page is op die toneel dood verklaar.
Potch-kampuswoordvoerder Kiewiet Scheppel sê die universiteit sal bystand verleen waar hulle kan.
Page was vermoedelik van haar ouerhuis in Germiston na die universiteit onderweg toe die ongeluk plaasgevind het.