Vir Gary Pentland-Smith (55), ’n gastehuiseienaar in Fresnaye, Seepunt, was dit ’n nag van vrees toe drie rowers hom en sy vrou, Felicity (52), in die vroeë oggendure aangeval het in vriende se huis in Fresnaye wat hulle oppas.
Een van die rowers het met ’n mes na Gary gekap, maar die mes het vasgesteek in ’n duvet wat hy soos ’n skild voor hom gehou het.
Hy en sy vrou het 12 jaar gelede na Suid-Afrika gekom nadat die plaas waarop hulle in Zimbabwe geboer het, onteien is.