Update
OUDTSHOORN NUUS - Die geregtelike ondersoek na die skielike dood van die 7-jarige Ashwin Jonkerman is deur plaaslike polisie na 'n moordondersoek verander.
Die voorlopige uitslae van die nadoodse ondersoek het tekens van gemene spel getoon.
Hy was 'n gr. 1-leerder by De Villiers Primêr. Sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het aan Oudtshoorn Courant bevestig dat daar nou 'n moordondersoek is.
"Die geregtelike doodsondersoekdossier is na moord verander ná die voorlopige uitslag van die nadoodse ondersoekverslag. Hierdie verslag vorm deel van die voortgesette polisieondersoek."
Die seun se liggaam is Sondag 11 Augustus om 11:30 in sy slaapkamer n Korhaanlaan, Bridgton gevind.
Met nooddienste se aankoms by die huis het paramedici hom op die toneel dood verklaar.
Lees meer by www.oudtshoorncourant.com.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’