Gallery
HEIDELBERG NUUS - Die Heidelberg Landbouskou het vanjaar ‘n groot verskeidenheid en goeie kwaliteit uitstallers vanaf Woensdag 7 tot Saterdag 10 Februarie gehad.
Volgens die stalletjie sameroeper, Loret Truter, was daar baie meer nuwe uitstallers en was die saal stampvol.
Die industriële uitstallings het ook vir die eerste keer vragmotors ingesluit.
Die skou het weereens baie deelnemers in alle vee afdelings.
Die Jeugskou het van verlede jaar se 43 deelnemers tot vanjaar se 155 gegroei en is 10 klasse aangebied naamlik suiwel- en vleisbeeste, wol- en vleisskaap, angora-, boer- en melkbokke, perde, pluimvee en kulinêre kuns.
Lees meer op ons susterskoerant, Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'