MOTORNUUS - Saterdag 22 Mei gaan Mosselbaai 'n eerste beleef.
Sowat 50 supermotors van vervaardigers soos Ferrari, Mclaren, Lamborghini, Valkyrie, Aston Martin, Porsche, Corvette en BMW gaan in die kusdorp se strate spog.
Die byeenkoms is op die patroon van die Knysna Hillclimb, met die verskil dat dit op 'n gelykpad in Mosselbaai plaasvind.
Individuele motors sal een-een op die baan poog om die vinnigste tyd oor 2,5 km op te stel.
Ingevolge Covid-19-regulasies, mag toeskouers nie toegelaat word nie, slegs geakkrediteerde joernaliste en deelnemers. Maar, omdat dit in die strate plaasvind en toeskouerbeheer moeilik is, het die organiseerders spesifieke plekke geïdentifiseer waar toeskouers wel onder Covid-19-regulasies na die skouspel kan kyk.
Sekere strate in Mosselbaai sal gesluit wees en padsluitings sal van 07:00 tot 24:00 op 22 Mei geld.
Dié strate sluit in Louis Fourieweg na Georgeweg plus nog heelwat strate wat in die omgewing van die middedorp gesluit sal wees. Beamptes sal alternatiewe roetes en parkeerplekke aanwys.
Die byeenkoms kan direk aanlyn gevolg word: https://www.daytonamosselbay.co.za/
Besoek ook:
https://www.facebook.com/drsupercarrally | https://www.instagram.com/daytonarally/.
Mosselbaai het nog nooit sulke opwinding in haar strate beleef nie - wie kan nou vir meer wens as 'n Mclaren wat voluit in Louis Fourieweg afjaag!
Car Mag gaan daar wees om al die aksie aan lesers te bring.
Vir meer inligting, skakel Gys van Staden by 082 928 6142 of per e-pos by gys@mosselbay-events.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'