Dit wat hulle gebruik het om in die vroeë 1900's bymekaar te kom sal die komende naweek egter namens hulle duisende mense in George verenig.
Die 17de Midas Oumotorskou word hierdie Saterdag op die sportterrein van PW Botha Kollege in Yorkstraat gehou, met meer as 'n duisend ou motors wat na verwagting 'n parkeerplek sal inneem by dié skou.
Volgens die voorsitter van SAVVA (South African Veteran and Vintage Association) was daar teen Maandag reeds meer as 700 inskrywings. Die Suid-Kaapse-oumotorklub sal gasheer speel vir hierdie groot byeenkoms.
Om die waarde van die oumotorskou te beklemtoon het George se stadsvaders die bewaarders van Suid-Afrika se voorvaders
se voertuie, Dinsdagaand vereer en verwelkom met 'n glans burgemeestersfunksie.
Soos kinders wat graag die eerste keer agter pa se motor se stuurwiel wil inklim, het die stadsvader geskarrel om so 'n ere sitplek in te neem. Burgemeester Charles Standers kon in sy toespraak nie uitgepraat raak oor die waarde van die motorskou vir George nie. Glasies is geklink om die dors te les en heerlike bredie is bedien om die honger te stil. Gesprekke is gevoer oor nie net die een en twee silinder motors nie, maar ook oor die herkoms en die oorlede eienaars.
Om te deel in hierdie gesprekke en om die spog antieke modelle op speekwiele te sien, moenie Saterdag en Sondag by die huis sit nie. Knyp 'n pennie af en gaan deel in die pret wat saam met die skou gaan. Omdat pensioenarisse die egte waarde van die motors beter verstaan, sal hulle slegs R25 toegangsgeld betaal. Volwassenes moet R40 betaal, en kinders kan hul geskiedenis kennis gaan opknap teen slegs R15. Sondag is die toegangsgelde vir volwassenes R20, kinders R10 en pensionarisse R15.
Neem nog pennies saam en ondersteun die talle stalletjies, biertent en vele ander aktiwiteite wat gepaard gaan met die makietie.
Nog foto's hier.
* This weekend the Southern Cape Old Car Club will host the 17th Midas George Old Car Show at PW Botha College in York Street. More than 1000 cars from the early to mid 1900's will bring thousands of Georgians together.

Die nuwe George-verkeershoof, mnr. Mark Green het self seker gemaak die ou motors is na al die jare nog padwaardig. Foto's: Christo Vermaak