Onderburgemeester, Daniel Maritz, het tydens sy amptelike opening namens die uitvoerende burgemeester van George gesê dat hy aangenaam verras is met die wyse waarop die fees georganiseer en aangebied is.
"Vandag staan ek in absolute verwondering vir die produkte en pragstukke wat my omring en wat 'n weerspieëling en aanduiding van u opoffering en passie is. Ons is bevoorreg om gasheer te wees vir 'n motorskou van hierdie kwaliteit, kaliber en omvang.
"U het voorwaar die motorskou na die volgende vlak geneem en is bevoorreg om 'n unieke tentoonstelling van Packard-modelle te kon huisves," het hy gesê.
Vier uitstallers van die KwaZulu-Natalse Suidkus het by monde van David Lugg gesê dat dit een van die top motorskoue in die land is.
"Ons woon baie skoue by, maar hierdie een in George geniet ons die meeste omdat dit goed georganiseerd en in 'n pragtige dorp is. Ons kan nie wag dat die volgende een aanbreek nie," het hy gesê.
Verskeie ander uitstallers het ook hul tevredenheid met die skou uitgespreek en was dit eens dat dit nog tot 'n heelwat groter geleent-heid gaan groei.
Houers van kosstalletjies was ook hoogs tevrede met die flink sake wat hulle gedoen het. Lang rye honger skougangers het deurlopend by die stalletjies gewag om geholpe te raak.
Behalwe die bykans 1000 veteraan- klassieke, nuwe en ongerestoureerde voertuie wat ingeskryf is, was daar ook heelwat trekkers, stilstaande enjins, motorfietse en mo-delvoertuie wat uitgestal is.
Etlike duisende motorentoesiaste en nuus-kieriges het Saterdag deur die hekke by die PW Botha Kollege gestroom.
Die veiling, waartydens 'n hele aantal klassieke voertuie onder die hamer gekom het, is druk besoek en alle sitplekke rondom die arena was stampvol terwyl geesdriftige kopers mekaar probeer ore aansit het. Die voertuie het goeie pryse behaal en die wins word later aan liefdadigheid geskenk.
Sondag was egter ietwat teleurstellend met 'n groot aantal van die motors wat Saterdagaand reeds die skou verlaat het terwyl die uitstallings eers teen 14:00 amptelik gesluit het. Sommige skougangers het gevoel dat hulle aanstaande jaar die skou net op die Saterdag moet hou, maar die program tot later die aand moet rek en moontlik ook vermaak aanbied.
Sien nog foto's hier.
* The organisers of the 18th Midas George Old Car Show were applauded from various directions on a highly successful show that was well run. Thousands of motor enthusiasts flooded through the gates at the PW Botha College to see the almost thousand veteran and vintage vehicles on display. Deputy Mayor Daniel Maritz also complemented the Southern Cape Old Car Club with a well organised and successful show. The auction of various vintage vehicles was another great success with bidders who were prepared to pay top prices for top vehicles. Profits raised in this way will be donated to charity at a later stage.
The show drew almost 1 000 entries as well as various tractors stationary engines, motorcycles and thousands of model toy cars.
The food stalls made a kill with long queues of hungry enthusiasts who waited for something to eat.
Some people were disappointed on Sunday when a large number of exhibitors decided to pack up and leave Saturday after closing time.
Vroegoggend reeds het die twee swaers Anton Meyer (links) en Theo van Niekerk 'n sappige hoendersosatie by een van die kosstalletjies gekoop. Hulle staan hier by Gallie Meyer se 1965 Dodge bakkie.
Onderburgemeester, Daniel Maritz, kyk hier tweede van links na een van die pronkmotors. By hom staan (van links) Phillip Rosser, Sep Serfontein en Chris van Staden van die Suid-Kaap Oumotorklub.
ARTIKEL: JANNIE MEYER
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'