Gallery
GEORGE NUUS - Rebel George se viertrekbyeenkoms op hul nuwe speelplek net buite Glentana het, soos te wagte, vir vuurwarm aksie gesorg.
Die toeskouers en deelnemers het die hindernisse geniet en veral die vietrekkers se senuwees is behoorlik getoets by die 'muur van die dood' hindernis. Daar was baie modder, diep gate en slote vol bande wat die deelnemers se vaardighede uitgedaag het en die toeskouers na hulle asems laat snak het.
Die topdrie uitslae in elke kategorie was as volg:
FF-klas
1. Christie de Kock en Gys van Vuuren (112.90 punte).
BM-klas
1. Jaandré en Mady Snel (553.96 punte) 2. 2. Lindi Grobler en Deirdre Gelderblom (483.30) 3. Fanie Grobler en Brad Robertson (427.56).
CM-klas
1. Morné en Lizel de Kock (515) 2. 2. Arjan Wierenga en Sunel Eybers (423.60) 3. Etienne Jacobs sr (395.59).
C SWB-klas
1. Ronald Zeelie en Jacques Koen (540.40) 2. Anthea Fourie en Santa van der Merwe (400.98) 3. Lientjie van der Merwe en Johan Meiring (347.82).
C LWB-klas
1. André Kirchner en Lizel Louw (534.25) 2. Marius Louw (492.19) 3. Martin de Wet en David Verity (384.04).
Fanie Grobler en Brad Robertson bestorm die berg motorbande met mening. Hulle was algeheel derde in die BM-klas.
D/ Pypkar-klas
1. Eugene Belcher en Nicolaas Gerber () 2. Michael Vermaak en Stefan Fourie (330) 3. Johan en Carol Maritz (170.56).
Vinnigste tydtoets (ekstreem-klas):
Fanie Grobler en Brad Robertson (32.44).
Vinnigste tydtoets (standaard-klas):
Eugene Belcher en Nicolaas Gerber (34.21).
Breek van die dag: Johan Maritz.
Rol van die dag: Fanie Grobler.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'