MOTOR NUUS - Mitsubishi se gewilde nutsmotor, die Outlander, is een van Suid-Afrika se gunsteling-leefstylvoertuie en talle onlangse verbeterings maak dit ’n selfs nog aantrekliker pakket as voorheen.
Die Outlander het Mitsubishi se Dynamic Shield-ontwerp ondergaan wat hom ’n fris voorkoms gee wat ook meer stylvol en doelgerig voorkoms.
Mitsubishi is bekend vir sy onberispelike binneruim en wye reeks toerusting en die Outlander voldoen beslis hieraan.
Die Outlander is teen 4 695mm merkbaar langer as sy onmiddellike mededingers, wat ’n ruimer en weliger kajuit tot gevolg het.
Hierdie bykomende ruimte, tesame met ’n vernuwende kajuit-uitleg, plaas die Outlander aan die bopunt van sy segment onder voertuie wat sewe sitplekke bied.
Die Outlander se sewe sitplekke strek oor drie rye en bied gemak en eindelose laaimoontlikhede.
Die tweede en derde ry kan heeltemal platvou, wat hope laairuimte beskikbaar stel.
Die leersitplekke is met die oog op lang ritte ontwerp. Passasiers in die derde ry het oorgenoeg ruimte danksy die ruim kajuit.
Die sitplekke in die tweede ry kan 250 mm vorentoe skuif, wat toegang tot die derde ry van enige kant van die voertuig af, vergemaklik.
Die Outlander pronk ten spyte van sy ruim afmetings met ’n draaisirkel van net 5,3 m wat beter as dié van sy mededingers is.
'n Lekker ekstra vir die agterste passasiers is 'n wegvoubare 9" DVD-speler in die dak wat duidelik in al die sitplekke in die tweede en derde ry gesien kan word. Die insittendes kan die klank deur die Rockford Fosgate-stelsel gelei of met koordlose infrarooi-kopstukke daarna luister.
Die Outlander het ’n volledig verstelbare veelfunksie-stuurwiel met ratwisselpedale en toegang tot stembeheer- en handvrye Bluetooth-telefoonopsie.
Mitsubishi is ook bekend vir wêreldklas-veiligheid en die Outlander is geen uitsondering nie. Mitsubishi se gepatenteerde Reinforced Impact Safety Evolution (RISE) vir die romp vorm ’n stewige veiligheidsel om die insittendes.
RISE word verder deur sewe lugsakke en volwaardige ISO-FIX-kindersitplekmonterings aangevul.
Dit het aan die Outlander ’n volwaardige vyfster-veiligheidsgradering in die Euro NCAP-botstoetse besorg.
Die Outlander is verder met alle belangrike veiligheidseienskappe toegerus, waaronder aktiewe stabiliteit- en kloubeheer (ASTC), sluitwerende remme (ABS) met elektroniese remkragverdeling (EBD) en noodremhulp (BAS), sowel as opdraande-wegtrekhulp (HSA) vir moeilike steiltes.
Die opgekikkerde Outlander word deur Mitsubishi se gewilde dubbelbonokas-MIVEC-sestienklep-petrolenjin van 2,4 liter aangedryf. Dié enjin lewer 123 kW en ontwikkel 222 Nm. Sy amptelike gemiddelde brandstofverbruik kom op 8,2 liter per 100 km te staan.
Alvier wiele word deur die volgende geslag van Mitsubishi se splinternuwe INVECS-III-palwisseltransmissie (CVT) met ’n sesgang-sportmodus aangedryf. Die CVT-ratkas pas blitsig by wisselende padtoestande en veranderende verrigtingsvereistes aan, vir ’n gladder rit as gewone outomatiese transmissiestelsels.
Die stelsel het drie afsonderlike rymodusse waaruit die bestuurder kan kies:
4WD Eco Mode – die voertuig monitor die terrein en bestuurderinsette en koppel al vier wiele wanneer dit nodig is. Die gebruik van die Eco-modus om die voertuig toe te laat om rytoestande te monitor, verminder brandstofverbruik en sorg vir ’n baie meer doeltreffende rit.
4WD Auto Mode – Outlander sal al vier wiele in outomatiese modus gekoppel hou tensy padtoestande so soepel is dat dit heeltemal onnodig is. Die outo-modus sal die vierwielaandrywing net soos die eko-modus outomaties verstel, maar met die verstandhouding dat aandrywing deur al vier wiele voorkeur geniet (in teenstelling met die eko-modus, wat net na aandrywing deur al vier wiele sal oorskakel as dit absoluut noodsaaklik is).
4WD Lock Mode – dié modus sal in gewone padtoestande op verrigting fokus. Meer wringkrag word na die agterwiele as in 4WD Auto-modus gestuur om beter verrigting van die wegtrek af, beter beheer wanneer die voertuig op gruis of ander los oppervlakke versnel, en verbeterde stabiliteit teen hoë snelhede te bied.
Die oordrag van wringkrag na die agterwiele word op 50 persent gehou, wat beteken dat tot 50 persent van die beskikbare wringkrag onder volle versnelling op droë padoppervlakke na die agterwiele gestuur word.
Wanneer 4WD Lock-modus in werking is, word meer wringkrag met kleiner stygings in draaie na die agterwiele gestuur as in die geval van 4WD Auto-modus. Dié modus is ook pasreg vir meer uitdagende veldry-toestande.
Die nuwe Mitsubishi Outlander bied met sy prys van R549 900 ongeëwenaarde weelde en verrigting in sy klas. Dit het 'n volledige fabriekswaarborg van drie jaar of 100 000 km en 'n diensplan van vyf jaar of 90 000 km. Versiening is elke 15 000 km.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'