GEORGE NUUS - Kempston Motors George borg vanjaar weer die deelnemers van die Trans Baviaans-bergfietsren met Suzuki en Isuzu-voertuie.
Die rit oor drie dae spring op Willowmore weg en eindig op Jeffreysbaai - 'n afstand van 230 km. Die byeenkoms groei sedert die eerste in 2004 nog elke jaar en dit staan nou algemeen bekend as die langste enkelskofren vir bergfietse.
Deelnemers het vanjaar in twee groepe weggespring - op 12 Augustus en 19 Augustus in spanne van twee tot vier ryers.
Die roete moet binne 24 uur voltooi word om vir 'n medalje te kwalifiseer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'