Gallery
MOTOR NUUS - Die afgelope Saterdagaand is die sewentiende 'Kampioen van Kampioene' in die ovaalbaanreeks in George aangebied. Met meer as 'n honderd inskrywings het dit in al die klasse gekook. Die weer het pragtig saamgespeel en die baan was in 'n puik toestand.
Gary Flemming, die kommentator, het Bennie Greyling lof toegeswaai vir die oppervlakte van die baan. Flemming het genoem dat dit nou een van die beste bane is Suid-Afrika is.
Dankie aan Benver Civils wat weet hoe om 'n baan voor te berei.
Die byeenkoms is in goeie gees gery met omtrent geen voorvalle of ernstige botsings nie. Selfs in die 1660-klas wat 30 inskrywings gehad het, was daar geen ernstige skade aan enige motors nie.
Die ontwikkelingsklas is gewen deur Oudtshoorn se Werner Heunis met sy VW Golf gewen. Die groot belangstelling in dié klas was weer die tienjarige Elru Viljoen van Worcester wat die groot manne onder die stof kom ry het met sy VW Golf. Het 'n puik tweede plek vir die aand behaal.
Die 1660-klas het soveel inskrywings gehad dat hulle in twee uitdunne verdeel is. Die wenner vir die dag was Gert Ellis van Worcester met sy VW Golf.
Die 2,1-klas het weer aan Hendricus Botha behoort. Sy Opel Corsa was onstuitbaar in die eindronde. Botha is gevolg deur Kaapstad se Brennon Green en George se Alistair Simpson met hul Opel Corsa's.
Dylan Nel het gewys hoekom hy SA1 op sy motor dra. Hy het die Hitsmotorklas oorheers met sy Opel Corsa.
Die hitsmortorklas (hotrods) is in meesterlike styl deur die jong Dylan Nel van Kaapstad met sy Opel Corsa gewen. Hy het gewys hoekom hy die SA1-nommer op sy kar kan dra.
Die heavy metal-klas is skitterend gewen deur Corné Oosthuizen van George met sy BMW 535. André Keller van Oudtshoorn was tweede en William Steyn van George derde met hulle BMW`s.
Die gemodifiseerde V8-klas is deur Worcester se jong Manfred Oehl gewen in sy vinnige Lexus V8 flexi. Bennie Greyling, wat in die finaal getol het, kon net nie daai Lexus inkatrol nie en Greyling moes met die tweede plek tevrede wees.
Die vroueklas, of pinkrods, is gewen deur Port Elizabeth se Chanell van Tonder gewen in haar VW Golf. Agter haar was Bianca Nel en Kelly Dowling.
Die midget-klas is op skitterende wyse gewen deur Jacques van der Merwe, met Dante de Ronde tweede. Die Midget-motors was almal van Tygerberg in Kaapstad.
Die volgende byeenkoms vind plaas op 26 Mei in Oudtshoorn plaas.
Die heavy metal-klas is gewen deur Corné Oosthuizen.
UITSLAE:
Ontwikkingsklas
1. Werner Heunis (VW Golf);
2. Elru Viljoen (VW Golf);
3. Johan Engelbrecht (VW Golf)
2,1-klas
1. Hendricus Botha (Opel Corsa);
2. Brennon Green (Opel Corsa);
3, Allistair Simpson (Opel Corsa)
Heavy metal-klas
1. Corné Oosthuizen (BMW);
2. André Keller (BMW);
3. William Steyn (BMW)
1660-klas
1. Gert Ellis (VW Golf);
2. Tersius van Tonder (VW Golf);
3. Shaun Bester (VW Polo)
Hitsmotorklas
1. Dylan Nel (Opel Corsa);
2. Jason Jordaan (Opel Corsa);
3. Han-Koch Brand (Opel Corsa)
V8-klas:
1. Manfred Oehl (Lexus flexi);
2. Bennie Greyling (Chev flexi);
3. Johan Kuyler (Chev flexi)
Midgetklas
1. Jaques van der Merwe;
2. Dante de Ronde;
3. Anton Loyd
Pinkrod-klas
1. Chanell van Tonder (VW Golf);
2. Bianca Nel (VW Golf);
3. Kelly Dowling (VW Golf)
- Beste voorbereide motor: Dylan Nel
- Bestuurder van die dag: Gert Ellis
- Ongeluksvoël van die dag: Pieta Victor
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'