TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
onnutsig b.nw., onnutsige; onnutsiger, onnutsigste. Ondeund, stout of vol kwajongstreke; sin. onhebbelik; onbruikbaar (geselstaal), onkans (streektaal), onkruidsig (geselstaal), onwettig (geselstaal): Fleurige waardinne (dans) ... na elkeen se pype ... van puntenerige sakemanne ... tot onnutsige kleingoed (Archimedes, Okt. 1988, 4 — advt.). Hy (het) ge-ys vir die onnutsige handjies van Paultjie (A.M. Louw: Gryse2, 1969, 11).
¦ Ook selfst.: Daar is die kinders: ... die onnutsiges in die ... moerbeiboom op ’n Sondagmiddag wanneer die oumense slaap (E. Mittner in Sarie, 10 Nov. 1993, 10).
¦ Selde ook t.o.v. diere: My pappie trek sy skouers op: / "'n Hond is maar onnutsig ...!" (H. de Klerk in M.A. Basson, e.a.: Afr. Verseboek, s.j., 11).
Vgl. NIKSNUTSIG.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'