GEORGE NUUS - Motorfietsryers, vriende en familie het vanoggend omstreeks 08:30 by Paddagat bymekaargekom om een van hulle vriende, Marnus van Rooyen, te ondersteun.
Van Rooyen het onlangs by die dood omgedraai ná hy met bosluiskoors gediagnoseer is. Hy herstel tans in die Groote Schuur Cardiothoracic Hoësorg eenheid.
As deel van 'n fondsinsameling vir Van Rooyen het die groep ondersteuners vanoggend by Garden Route Motorcycles in die Paddagat-winkelsentrum bymekaargekom. Van daar vertrek hulle na Meiringspoort waar 'n pret-veiling, 'n gelukstrekking en heerlike worsbroodjies op hulle wag.
Enigiemand wat die familie wil ondersteun word gevra om vir Paul Gerber by 073 265 0384 of vir Kurt Johnson by 072 620 2522 te skakel.
Van die motorfietsryers wat reeds vroeg vanoggend by Paddagat aangekom het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'