Die week se hooftema is 'Wetenskap vandag vir 'n beter toekoms'.
Daar word gefokus op die volgende:
- kristallografie,
- beroepe in wetenskap,
- vroue in wetenskap,
- wiskunde,
- inheemse kennis,
- volhoubaarheid en energie besparing,
- en die Suid-Kaapse geologie.
Soos op die program te sien word die reeks aktiwiteite deur die loop van die dag drie keer herhaal vir die gerief van groot groepe soos skole of ander groepe belangstellendes.
Twee noemenswaardige gebeure sluit in:
twee sterrekykaande saam met vername astroloog Case Rijsdijk (50 mense elk)
'n Inheemse ontbyt saam met Neil Carelse vir Vrouedag (100 mense)
Vooraf bespreking is noodsaaklik by 044 874 1558.
Glenwood House gaan ook die top-8 uitstallings van SCI-EX vir die week na die nasionale wetenskap week bring. Hulle tema is die UNESCO 'Year of the family food farm'.
Die aktiwiteite is gerig daarop om die publiek 'n smakie van sekere beroepe te gee wat wetenskap en wiskunde op skool benodig en daardeur mense te laat kennis maak met die wye veld van moontlikhede wat oopgaan met 'n relevante matrieksertifikaat.
Daar sal ook 'n uitstalling wees van die Botaniese Tuin se beplande uitbreiding en omgewings-opvoeding sentrum. Die publiek se terugvoer oor die argitekte se modelvoorstellings sal ook dan ingesamel word.
Die publiek word genooi om enige dag van 2 tot 9 Augustus aan die verrigtinge by die botaniese tuin deel te neem, maar as daar groot groepe is wat graag per bus wil kom, is daar vervoer beskikbaar wat deur die organiseerders voorsien word.
Skakel asseblief so gou moontlik vir Zilla North by 079 6933 600 om te bespreek en te reël.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'