TUINROETE NUUS - 'n Werksessie vir byeboere en belangstellendes word deur die Suid-Kaap Byeboervereniging (SKBBV) en die departement van landbou op 5 Junie by Gourikwa aangebied.
Die dag beloof om vol interessanthede te wees vir beginners en stokperdjie-byeboere. Die werksessie is gratis en oop vir almal.
Byeboere word gevra om ook hul werkers saam te bring. Die program sal later bekendgemaak word.
Bespreking is noodsaaklik. Kontak vir Ilse (admin@propollen.co.za of WhatsApp 083 297 2638).
Die werksessie is gratis en oop vir almal.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'