TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
sapperloot (sap-per-loot) tw. (verouderd) Ook soms, verouderd,sakkerloot.
(‹Ndl. sakkerloot, wsk. 'n vervorming v.d. Fr. sacrelote, “heilige doop”) Uitroep waarmee verbasing, ontsteltenis, verontwaardiging of verligting te kenne gegee word: Sapperloot, kêrel, ek het gedink dat jy 'n Israeliet sonder enige bedrog is. Nou sien ek dat jy jou planne oulik agtermekaar kan sit (N.P. Laubscher: Vreugde, 1947,57). Spens: Terme? Wel, ons is gewoond om £4 per week te vra. Jan: Sapperloot! Dis te veel. Heeltemal te veel! (E.A. Schlengemann: V.d. Walts, 1932, 37). Sapperloot, my kind, ek is bly dat ek jou weer ontmoet het. Kom, gee my 'n soen (D.P. du Toit, 1893, in F.C.L.Bosman: Bedriegers, 1942, 13).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’