GEORGE NUUS - George-polisie se radiobeheer het omstreeks 11:10 vandag anonieme klagtes ontvang na 'n persoon na bewering gedwing is om geld by 'n kitsbank by FNB in die dorp te onttrek.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie, was die patrollie net om die draai toe die klagtes ingekom het.
''Hulle was oombliklik op die toneel, maar daar was geen teken van die beweerde voorval nie,'' het hy gesê.
"Ons doen 'n beroep op mense om asseblief paraat te wees wanneer onttrekkings gedoen word. Moenie laat vreemde mense hulp verleen en jou geheime kode in die hande kry nie.''
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'