GEORGE NUUS - Inwoners wat kopkrap oor vullis wat soms in die nagtelike ure verwyder word, kan gerus wees, dit is net 'n tydelike maatreël.
Munisipale werkers moet tans in skofte werk om seker te maak alle areas word gediens.
Slegs ses van die vloot van 16 vragmotors wat vir hierdie diens gebruik word, is in werkende toestand.
Die direkteur van gemeenskapsdienste, Walter Hendricks, het gesê tien van die vragmotors is tans buite werking weens meganiese onderdele wat van Europa ingevoer word.
"Dit vertraag ongelukkig die herstelproses," het hy gesê.
"Ons werkers probeer hulle uiterste bes om al die vullis in die onderskeie gebiede op die verskillende vullisverwyderingsdae op te tel, en hulle werk na-ure om te verseker dat alle vullis verwyder word. Die vragmotors word tussen die drywers roteer. Sodra een klaar gewerk het, gebruik ‘n ander drywer dit dan weer."
* A total of ten of the 16 refuse removal trucks are currently out of order. According to the Director of Community Services, Walter Hendricks, they are waiting for mechanical parts that are being imported from Europe.
"Unfortunately this delays the repairwork," said Hendricks.
Workers are currently working in shifts to service all the areas, using only six trucks that are in working condition.
ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'