GEORGE NUUS - Deur 'n visie wat vroue in New Dawn Park gehad het, is 'n buurtwagkomitee onlangs gestig.
Die verkiesing is onder leiding van kolonel Blaauw gehou.
Tydens Vrouemaand, kan die gemeenskap van New Dawn Park trots wees op die vroue wat die geveg teen misdaadbekamping aanpak, om die sektor te beveilig.
Die buurtwag benodig handradio's en flitse wat gedurende patrollies gebruik kan word, om meer effektief met lede te kommunikeer.
Die voorsitter van die buurtwag, past. Aldon Meyer, nooi die inwoners van New Dawn Park om betrokke te raak teen misdaadbekamping in die gebied.
Persone wat die buurtwag wil borg of wil aansluit kan vir Meyer by 084 635 9183 of die ondervoorsitter, Frances Roelf by 064 190 4522 skakel.
New Dawn Park-buurtwag nooi inwoners van die gebied om betrokke te raak teen misdaadbekamping. Van Links: Frances Roelf (ondervoorsitter), Katriena Lombard (sekretaris), Ricardo Grootboom, Aldon Meyer (voorsitter), Carlien de Kock (projekbestuurder), Charlene Nelson (tesourier) en Katriena Pluim.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'