Gallery
GEORGE NUUS - Haar liefde vir die gemeenskap, veral die kinders, het Leona Witbooi gedryf om ‘n positiewe verskil in die Parkdene-gemeenskap te maak. “Daarby,” sê sy, “ook die groot behoefte en hongersnood in die gemeenskap”.
Witbooi en ‘n vriendin, Amelda Joseph, bedien reeds sedert 2012 daagliks behoeftiges in hul gemeenskap en deel van Maandag tot Vrydag elke dag sowat 200 borde kos uit.
Volgens haar wag mense reeds vanaf 14:00 elke by haar huis in Bontebokstraat vir ‘n bord kos of ‘n koppie sop wat sy en Joseph in haar kombuis voorberei.
“Ek sal graag die dae wat ek sop uitdeel vir mense ‘n stukkie brood ook wil bygee, maar in hierdie stadium is dit nie moontlik nie,” sê sy.
Fotogalery: Leona Witbooi het 'n hart van goud
Talle behoeftiges staan daagliks tou voor Witbooi se huis in Parkdene.
Daarby is hulle ook betrokke by die daaglikse skoonmaak van die gebied rondom hulle en saam met kinders in die omgewing tel hulle daagliks talle swart sakke vol rommel op.
Indien iemand enige bydraes wil lewer word hulle gevra om Johanna Pietersen by 078 314 0638 te kontak.
Lees meer hieroor in volgende week se George Herald en aanlyn.
Die vroue motiveer ook kinders om hul woongebied skoon te hou deur daagliks rommel op te tel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'