Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Sowat 120 vroue het Saterdagoggend 'n damestee ten bate van Trippel Toontjies-kleuterskool, by die NG Kerk Denneoord, bygewoon.
Mammas en oumas is bederf met heerlike eetgoed, gelukspakkies, vermaak deur Michael Lindt, gelukstrekkings en woorde van wysheid deur twee baie bekwame plaaslike geleentheidsprekers, Tanya Robertson (verhoudingsterapeut) en Janine van Jaarsveld (styl- en voorkomskonsultant).
Die kleuterskool het 14 klasverteenwoordigers wat elk as gasvrou vir haar tafel en dekor verantwoordelik was. Al die tafels was in kleure opgedeel en aan die einde van die dag is die tafel van die dag aangewys. Ranette Cloete se rooitafel het met dié louere weggestap.
Ons wil dankie sê aan almal wat die dag saam met ons geniet het. Sonder julle sou die geleentheid nie moontlik gewees het nie.
Dankie ook aan al die mammas wat soveel moeite met die tafels gedoen het," het Amelda Lombard, eienaar van Trippel Toontjies gesê.
Die rooitafel het weggestap as die wentafel van die dag. Perdalks het dit iets te doen met die Lindt-sjokolade wat uitgedeel is? Van links is, Felicia Cloete. Ranette Cloete, Corien Schoonwinkel, Janine van Jarsveld, Lisa Kennedy, Morgan van der Spuy en Elzette van der Merwe. Foto's: Kristy Kolberg
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'