GEORGE NUUSFLITS - 'n Vrou het gisteraand in 'n ongeluk in Yorkstraat gesterf toe sy deur 'n bakkie getref is terwyl sy die pad oorgesteek het.
Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie het die voorval bevestig. Die ongeluk was naby die St Mark's Cathedral oorkant Mediclinic.
Volgens Pojie sal 'n strafbare manslag dossier geopen word.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Op die ongelukstoneel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'