GEORGE NUUS - Twee voertuie, 'n Opel Corsa-bakkie en Nissan Qashqai, was vroeër vanmiddag betrokke in 'n ongeluk naby George-lughawe.
'n Vroulike passasier in die Corsa-bakkie is op die toneel oorlede, terwyl die bestuurder en nog vyf ander passasiers met beserings na die hospitaal geneem is.
Die bestuurder van die Nissan is ook met ernstige beserings na die hospitaal vervoer.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoeder, het die ongeluk omstreeks 16:25 naby die lughawe-kruising plaasgevind. "Die bakkie het uit die rigting van Blanco gekom en die Nissan vanaf die lughawe se kant toe die voertuie kop-aan-kop bots."
Pojie sê op die oomblik is daar nog geen name beskikbaar nie.
“Daar sal 'n strafbare manslag dossier geopen word vir ondersoek,” sê Pojie.
Foto's: Verskaf
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'