Update
GEORGE NUUSFLITS - Die vrou (51) wat in September beweer het sy is deur drie mans in polisiedrag verkrag, is gister in hegtenis geneem.
Ernstige beweringe van 'n groepsverkragting is deur die vrou by die polisie aangemeld.
Die vrou het beweer vier mans, wat hulle glo as polisiemanne voorgedoen het, het haar deur die nag aangehou en verkrag nadat hulle haar omstreeks 19:00 afgetrek het.
Volgens haar was sy op die N2 onderweg vanaf Glentana.
Sy is by haar huis op aanklagte van bedrog, myneed en regsvereideling in hegtenis geneem.
Lees 'n vorige artikel: Vrou beweer 'polisiemanne' het haar verkrag
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'