TUINROETE NUUS - Die polisie op Mosselbaai doen ‘n beroep op die publiek om na vore te kom met inligting wat van waarde kan wees in ‘n geregtelike doodsondersoek nadat die liggaam van ‘n jong vrou gistermiddag, 21 Januarie, by die sloepe op Mosselbaai uitgespoel het.
Polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer sê ‘n man het om ongeveer 16:00 by die Punt na die see gesit en kyk, toe hy iets by die sloepe in die water sien dryf.
Hy het die polisie en die NSRI gebel.
Die polisie se duikeenheid en NSRI het die liggaam, ‘n blanke vrou met swart lang hare uit die water gehaal.
Enigeen met inligting word versoek om die polisie te kontak by 044 606 2850.
Lees meer op susterskoerant, Mossel Bay Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'