GEORGE NUUS - Die polisie is opsoek na ‘n verdagte man ná ‘n vrou kort voor 12:00 vandag met ‘n byl in Blanco gedreig is.
Roof blyk die motief vir die voorval te wees.
Die voorval het op die hoek van Searle- en Maitlandstraat plaasgevind.
Die verdagte word beskryf as ‘n kort, donker man sonder voortande. Hy het ‘n donkerblou broek en ‘n swart sweetpaktop ten tye van die aanval aangehad.
Die slagoffer is nie tydens die voorval beseer nie.
Enigiemand met inligting rondom die voorval of die verdagte word gevra om kaptein Antoinette Stoop by 074 294 8465.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'