GEORGE NUUS - 'n Voormalige Thembalethu-landdros (53) sal na verwagting op 14 September in die George-streekhof verskyn op aanklag van bedrog.
Volgens die woordvoerder van die Valke, lt. kol. Philani Nkwalase, word daar beweer dat die landdros die departement van justisie mislei het deur tussen April en Desember 2013 vir diens by Thembalethu-hof aan te meld en daarna na die munisipale hof te gaan waar hy glo sonder magtiging ander regspligte verrig het wat vir hom 'n ekstra inkomste verdien het.
Volgens die nasionale vervolgingsgesag se Eric Ntabazalila, kan die identiteit van die verdagte eers bekendgemaak word ná sy eerste hofverskyning.
"Hy verskyn op 14 September. Tot dan kan ons nie sy identiteit bekendmaak nie," het hy gesê.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'