Update
GEORGE NUUS - Die vierde verdagte wat met Donderdag se skietvoorval in Golden Valley in Blanco verbind word, is gisteraand, omstreeks 21:00, in hegtenis geneem.
Volgens George-polisie se kommunikasiebeampte, sersant Michael Opperman, het die polisie op inligting gereageer waarna hulle 3 mans in 'n grys Opel Astra in Marasingel (Golden Valley) vir die besit van dwelms in hegtenis geneem het.
'n Onbekende hoeveelheid Tik en mandrax is in hul besit gevind.
Een van die mans is die vierde verdagte in die skietvoorval wat Donderdagoggend in Gideonstraat plaasgevind het.
Hy is in hegtenis geneem op aanklagte van poging tot moord en die besit van dwelms.
Die twee verdagtes wat saam met hom in die voertuig was is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms en die drie verdagtes wat Donderdag kort na die skietvoorval in hegtenis geneem is, staar 'n aanklag van poging tot moord in die gesig.
Luitenant kolonel Elmarie van der Westhuysen het die George-misdaadvoorkomingseenheid, die naweek-taakspan en skofte onder haar leiding geprys vir hul voortreflike diens en toewyding.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'