GEORGE NUUS - Die polisie is tans opsoek na twee verdagtes ná 'n skietvoorval in Blanco vanoggend.
Een persoon is in die bobeen gewond na 'n bakleiery tussen hom en 4 ander mans kort voor 08:00 voor 'n taverne in Gideonstraat.
Die bakleiery het in die skietvoorval ontaard.
Twee verdagtes is intussen by 'n huis in Robynsingel vasgetrek.
Die ander twee verdagtes word nog gesoek.
Die slagoffer is per ambulans na die George-hospitaal geneem.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'