GEORGE NUUS - Die Conville-polisie ondersoek sake van poging tot moord en aanranding ná 'n man (30) van Conville, wat van diefstal beskuldig is, Sondagoggend na bewering agter 'n motor gesleep is.
Die slagoffer het glo 'n battery uit 'n voertuig gesteel waarna die eienaar (33) van die voertuig hom met 'n kabel aan die agterkant van 'n bakkie vasgemaak het.
Die beweerde diefstal het in Swawelstraat plaasgevind. Volgens Conville-polisie se stasiebevelvoerder, kol. AB Kriga, is die man vir sowat 600 m agter die voertuig gesleep. Hy is ook met 'n piksteel aangerand.
Die slagoffer is met veelvuldige beserings na die George-hospitaal geneem. 'n Saak van diefstal vanuit 'n voertuig is teen hom aanhangig gemaak.
Enigiemand met inligting rondom die voorval kan sers. Danie Makonza by 044 803 3302 skakel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'