GEORGE NUUS - Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 27 en 52 is Saterdag 30 Julie in hegtenis geneem nadat die polisie op verskeie gevaarlike wapens en dwelms in Conville beslag gelê het.
Die Eden-gebiedsgroep se misdaad-bekampingspan, wat na verskeie misdaadgeteisterde gebiede in George ontplooi is, het hulle in hegtenis geneem na 'n gaspistool, messe en klein hoeveelhede tik, asook Mandrax-tablette in hul besit gevind is.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, het Conville-polisie ook op Donderdag 29 Julie 'n 35-jarige verdagte in Pienaarstraat in hegtenis geneem nadat hy omstreeks 22:30 op straat deur polisie aangekeer is en ammunisie van 'n 9 mm-pistool in sy besit gevind is.
"Hy is in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van ammunisie en staan ook tereg op aanklag van oortreding van die Wet op Rampbestuur omdat hy die aandklokreël verontagsaam het," het Spies gesê.
Al die verdagtes was geskeduleer om Maandag 2 Augustus in die hof te verskyn. Teen druktyd was die besonderhede rondom hul hofverskynings nie beskikbaar nie.
Daar is ook op 'n gaspistool beslag gelê.
Een van die wapens wat gekonfiskeer is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'