Update
GEORGE NUUS - Al vier verdagtes, Grant Jansen (21), Denver Jansen (18), Andell Jansen (23) en Charles Botha (26), wat met verlede Donderdag se skietvoorval in Golden Valley, Blanco verbind word, is binne 24 uur na die voorval deur die George-polisie in hegtenis geneem.
Die voorval het Donderdagoggend, 19 April, kort voor 08:00 by 'n taverne in Gideonstraat plaasgevind. 'n Bakleiery tussen die vier verdagtes en Christo Willemse het in die skietery, waarin Willemse in die bobeen geskiet is, ontaard.
Drie van die verdagtes, die Jansens, is dieselfde dag in Golden Valley in hegtenis geneem. Botha, beter bekend as Charlie Brown, is Vrydagaand omstreeks 21:00 vasgetrek.
Volgens George-polisie se kommunikasiebeampte, sers. Michael Opperman, het die polisie Vrydagaand op inligting gereageer waarna hulle drie mans in 'n grys Opel Astra in Marasingel vir die besit van dwelms in hegtenis geneem het.
'n Onbekende hoeveelheid tik en Mandrax is in hul besit gevind. Botha was een van die drie mans.
Hy is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord met betrekking tot die voorval in Gideonstraat en die besit van dwelms.
Die ander twee verdagtes, Johannes Maloi (29) en Mokalanyane Thabang (27), wat saam met hom in die voertuig was, is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.
Die Jansens staar 'n aanklag van poging tot moord in die gesig.
Luitenant-kolonel Elmarie van der Westhuysen het die George-misdaadvoorkomingseenheid, die naweek-taakspan en skofte onder haar leiding geprys vir hul voortreflike diens en toewyding.
Al die verdagtes in die twee afsonderlike voorvalle het Maandag 23 April in die George-landdroshof verskyn. Botha, wat na bewering in beheer van die vuurwapen was, bly in aanhouding. Die ander is op borgtog vrygelaat. Die Jansens en Botha verskyn weer op 2 Mei vir die poging tot moord-saak en Botha, Thabang en Maloi verskyn weer op 24 Julie op 'n aanklag van die besit van dwelms.
* All four suspects, Grant Jansen, Andell Jansen, Denver Jansen (18) and Charles Botha (aka Charlie Brown), who are linked to last Thursday's shooting incident in Golden Valley in Blanco, were arrested within 24 hours after the shooting. The incident took place on Thursday morning, 19 April, just before 08:00 at a tavern in Gideon Street.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'