Update
GEORGE NUUS - Die polisie kon tot dusver slegs een van die verdagtes vir die moord op Johnwin Pato (18) aankeer.
Rowandro Ruiters (27) is verlede naweek vasgetrek en het Maandag 11 Desember in die George-landdroshof verskyn.
Die saak is tot 29 Desember vir 'n formele borgtogaansoek uitgestel.
Pato, van Lotstraat in Rosedale, is Vrydag 1 Desember naby sy huis met 'n skerp voorwerp doodgesteek.
Die verdagtes, Charldon Heynes (20), Kesharne Mostert (21) en Marlen Willeman (19), wat aangekeer is vir die moord van Gurswin Verlaat (22) op Saterdag 2 Desember, het gister weer in die George-landdroshof verskyn.
Die saak is uitgestel tot 12 Januarie vir 'n borgtogaansoek.
Verlaat se liggaam is omstreeks 07:30, in Genesisstraat gevind met wonde aan sy kop.
Pato se broer, Brenton (27), is ook 'n verdagte in dié saak.
Brenton is die Sondagaand na die voorval, na die Groote Schuur-hospitaal gevlieg met 'n breinbesering nadat hy glo met 'n panga gekap is.
Hy is intussen weer oorgeplaas na die George-hospitaal en is Dinsdag ontslaan.
Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die twee voorvalle met mekaar verband hou.
Klik hier vir 'n verwante artikel: 3 moorde in 24 uur
ARIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'