Update
GEORGE NUUS - Die Nigeriër, Jude Anthony Onah (33), wat op 28 Februarie vir die besit van sowat R5 miljoen se tik in hegtenis geneem is, het Vrydagoggend, 8 Maart, in die George-landdroshof verskyn.
Onah, wat eers vir regshulp aansoek gedoen het, het Vrydag die hof in kennis gestel dat hy sy eie prokureur wil aanstel. Onah is buite George afgetrek waarna die Outeniqua K-9 honde-eenheid die dwelms onder die enjinkap in sy silwer Ford Ranger-bakkie gevind het.
Die saak is tot gister, Woensdag 13 Maart, uitgestel. Teen druktyd was die besonderhede rondom sy hofverskyning nog nie bekend nie.
Gemeenskap sê "nee" vir borgtog
'n Klein groepie mense het Vrydagoggend die eendeweer trotseer en in Eenheidspark en voor die hof bymekaargekom in teenstand met die borgtogaansoek van dié beweerde dwelmhandelaar.
Dié DA-lede het ook die hofverrigtinge bygewoon.
'n Klein groepie mense het Vrydagoggend die eendeweer trotseer en in Eenheidspark en voor die hof bymekaargekom in teenstand met die borgtogaansoek van dié beweerde dwelmhandelaar. Foto: Kristy Kolberg
'n Gedeelte van die tik wat gekonfiskeer is.
Lees 'n vorige artikel hier: Man arrested for tik worth R5m
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'