Update
GEORGE NUUS - Die moordverdagte wat aangekeer is vir die moord op Johnwin Pato (18), het gister, Woensdag 7 Februarie in die George-landdroshof verskyn.
Rowandro Ruiters (27) is op 29 Desember borgtog van R500 toegestaan.
Teen druktyd was die besonderhede rondom sy verskyning nog nie bekend nie.
Ruiters word daarvan aangekla dat hy Pato op Vrydag 1 Desember naby sy huis in Lotstraat, Rosedale, vermoor het.
Die vier verdagtes wat ná 'n beweerde wraakaanval op Pato se dood aangekla word vir die moord van Gershwin Verlaat (22) kom Dinsdag 13 Februarie in die George-landdroshof vir hul formele borgtogaansoek voor.
Pato se broer, Brenton, is een van dié verdagtes.
Met hulle laaste verskyning was almal se regsverteenwoordigers nie beskikbaar nie en die saak is uitgestel.
Verlaat se liggaam is met ernstige kopwonde op Saterdagoggend 2 Desember omstreeks 07:30 in Genesisstraat in Rosedale gevind.
Die verdagtes, Charldon Heynes (20), Kesharne Mostert (21), Marlen Willeman (19) en Brenton Pato (27) is tans in aanhouding.
* The murder suspect arrested for the murder of Johnwin Pato (18) appeared in the George Magistrate's Court on Wednesday 7 February. Rowandro Ruiters (27) was granted bail of R500 on 29 December.
Ruiters is accused of killing Pato near his house on Friday 1 December.
The four suspects charged with the murder of Gershwin Verlaat (22) after an alleged revenge attack following Pato's death, will appear in the George Magistrate's Court on Tuesday 13 February for their formal bail application.
Pato's brother, Brenton, is one of these suspects.
Lees vorige artikels hier:
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'