Update
GEORGE NUUSFLITS - Vonnisverrigtinge in die saak teen plaaslike tandarts, dr. Ian Venter, het vandag, Donderdag 8 November, in die George-streekhof voortgegaan.
Die saak is uitgestel ná die staat se maatskaplikewerker getuig het. Sy het in haar voorvonnisverslag gesê dat Venter 'n hoë risiko oortreder is en direkte tronkstraf as 'n vonnis voorgestel.
Streeklanddros Francis Makamandela het verdere ondersoek in die voorvonnisverslag aangevra.
Die saak is uitgestel tot 14 Januarie.
Verrigtinge het Woensdag 10 Oktober in die George-streekhof begin.
Venter word deur John Gillespie verteenwoordig, Hankie Marx tree op vir die staat.
Venter is op 11 April skuldig bevind op 'n aanklag van seksuele aanranding van 'n minderjarige ná hy in 2015 'n 13-jarige seun, wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het.
Lees vorige artikels:
- Tandarts se vonnis wéér uitgestel
- Ian Venter: Vonnisverrigtinge uitgestel
- Dr Ian Venter: Vonnisoplegging begin
- Streekhofdatum vir tandarts Ian Venter
- Tandarts na streekhof vir minagting
- Tandarts se lot in April bepaal
- Dentist case progression like pulling teeth
- Venter-saak: Uitspraakdatum in 2018 vasgestel
- Opvolg: Ian Venter-saak
- Saak teen Ian Venter uitgestel
- Tandarts volgende week in hof
- Tandarts in hof oor kinder-pasiënte, kry borgtog
- Plaaslike tandarts kry borg
- Plaaslike tandarts vandag weer in hof
- Dr. Ian Venter gearresteer
- Ian Venter-saak wéér uitgestel
- Ian Venter-saak later weer in hof
- Opvolg: Tandarts ontken betasting
- Tandarts ontken betasting
- Ma van tienerseun getuig
- Tandarts-saak: Ma van slagoffer getuig
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'