GEORGE NUUS - Dr Johan de Beer, bekende velspesialis van George, is Saterdagoggend in die ouderdom van 62 jaar in die Life Bay View Hospitaal oorlede.
De Beer was die afgelope jaar siek en sy toestand het die laaste drie maande erg verswak.
Hy het sedert 1992 in George gepraktiseer.
Sy dogter, Nidene Boshoff, het die verpleegpersoneel in saal 4 van die Life Bay View Hospitaal bedank vir hulle ondersteuning en bystand.
"Ons gaan my pa baie mis en hom nooit vergeet nie. Baie dankie aan almal vir hul bemoedigende boodskappe en liefde. Ons waardeer dit baie."
De Beer laat sy vrou Leonie en twee dogters, Nidene Boshoff en Elaine Meiring agter.
'n Privaat verassing sal plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'