STREEKSNUUS - Jacobus (Klein Koos) van Zyl het Vrydagoggend, 16 Julie weer vlugtig in die Stilbaai rondgaande hof verskyn.
Die saak is weereens uitgestel tot 13 Augustus. Daar word verwag dat die saak nog binne dié jaar na die Hoogeregshof verwys gaan word.
Klag van dronkbestuur
Dit het intussen aan die lig gekom dat Van Zyl op Vrydag, 17 Julie in die hof verskyn het op ‘n klag van dronkbestuur.
Die saak rondom die dronkbestuur klagte is uitgestel tot 30 Julie vir verdere ondersoek. Die voorval is egter teenstrydig met Van Zyl se borgvoorwaardes en is onder die aandag van die plaaslike Landdros asook Korrektiewe dienste gebring.
Klein Koos is vroeg in Desember 2009 in hegtenis geneem vir beweerde moord op sy pa, Koos van Zyl (39).
Wyle van Zyl is met ‘n noodlottige kopwond in ‘n leunstoel in die sitkamer aangetref en Klein Koos is op die toneel in hegtenis geneem. Me.Vikkie van Zyl, Klein Koos se ma, was in die badkamer ten tye van die geweerskoot en Rita, sy jonger suster, aan die slaap in haar kamer.
Die jaggeweer wat gebruik is op die moordtoneel, is vir ballistiese toetse gestuur volgens Stilbaai polisie. Die ondersoek duur voort.
Artikel verskaf deur die Suid-Kaap Forum, susterkoerant van die George Herald.