UNIONDALE NUUS - Kennisgewing is ontvang vanaf George-munisipaliteit dat die Uniondale munisipale hoofgebou in Voortrekkerstraat, Uniondale, van vandag, Woensdag 28 Oktober tot Donderdag 29 Oktober gesluit is en weer op Vrydag, 30 Oktober oop sal wees weens Covid-19-verwante maatreëls.
Die kantore open Vrydag om 07:45.
Die munisipaliteit vra om verskoning vir die ongerief en is daartoe verbind om dienste te lewer in die lig van voortdurende Covid-19-uitdagings.
Die publiek kan vir dringende navrae oor dienste die volgende nommers kontak:
- Paaie: Steven Wagner – 0798872935
- Vullis: Lebua Louw - 0788431592
- Water: Eliot Gusa – 0619537311
- Riool: Timothy Maxegwana – 0603747640
- Krag: Llewellyn Davids – 0761071089 of na-ure – 044 801 6300.
'Ons bring jou die nuutste Uniondale, Tuinroete nuus'