GEORGE NUUS - Die Faith & Trust Outreach Church in Borcherds het vir Mandeladag hul plaaslike gemeenskap genader. Brenda Jantjies sê dit was 'n goeie dag met gemeentelede sowel as die jeug wat betrokke was by uitreiking. Jantjies sê hulle doen ten minste twee keer 'n week die uitreiking.
"Ons reik uit na alle areas met die doel om bendegeweld en misbruik van dwelms aan te spreek." Hulle bereik sowat 500 kinders. Hulle hoop om binnekort hul brigade te stig met die ondersteuning van pastoor Christo Alexander.
As enigiemand die uitreik wil ondersteun kan hulle Jantjies kontak by 084 084 0059.
Uitreik na minderbevoorregtes in Borcherds op Mandeladag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'