GEORGE NUUS - Die gees en liefde van Kersfees was sigbaar tydens 'n uitreik in Pacaltsdorp. Met die hulp van meer as 20 borge het die span van Gloryland Community Centre in New Dawn Park 534 kinders en sowat 75 volwasses met 'n heerlike maaltyd en plaaslike vermaak op 16 Desember voorsien.
Christmas Jubilee (Secret Santa) is die breinkind van Tracy Ruiters, Ethan Booysen, Jonathan Terblanche, Anceleen Terblanche, Christelene Bruintjies, Luciano Everts, Shane Siebritz en Zonia Pedro-Ruiters.
Hulle beoog om, met behulp van besighede in die gemeenskap, die geleentheid jaarliks aanbied. Volgens Tracey Ruiters is heelwat voetwerk ingespan om besighede te bereik.
Die span het die ondersteuning van die Pacaltsdorp-buurtwag geniet wat gesorg het dat alle Covid-19 regulasies gevolg is en ook gehelp het met die kinders se veiligheid.
Die geleentheid is deur Kaptein Blaauw geopen met nog 'n bemoedigende woord van GPV-voorsitter Isaack Fielies.
Die borge was Bel-air Tavern, Outeniqua Bakery, Pacaltsdorp-besigheidsforum, Balla Balla, G&T Liquors, Luwayda Tarentaal, Green Circle, Joan Cornelius, Charlene Mercury, Allen Spices, Tiekie Tai, Woodroh Pedro, New Dawn Park-gemeenskap, New Dawn Park Primêre Skool, Ralph Roberson, Heraldene Roberson, Heart Beat FM, Ricardo Jaftha en Purple Turtle Tavern.
'n Feestelike atmosfeer het deurgaans geheers.
Plaaslike kunstenaars wat vir die vermaak gesorg het is Christolene Bruintjies (digter), Mark Goliath (kitaarspeler), SIMZ (beat boxer), Suenell Ruiters (sangeres), Johndrin Scheepers (sanger), Nicolene (sanger), die rymkletsers BL@CKOUT en EgoNege (rymkletser), sowel as die geestelike dansgroep Spirit Dancers.
Die geheime kersvader (Luciano Everts) en kersmoeder (Anceleen Terblanche) het geskenke aan die kleingoed uitgedeel.
Bo-Menslike Produksies en 24K Creations was verantwoordelik vir die mediadekking.
Vir meer inligting kontak Gloryland Community Centre by 064 044 8557.
Earnest Thembinkosi Ntseke ("Fyner Kunste") het van sy werk aan Gloryland Community Centre geskenk.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'