Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar was groot opgewondenheid vanoggend by Tuiniqua Versorgingsentrum toe manlike inwoners as deel van Vadersdag bederf is.
Elkeen van die 42 manlike inwoners het onder meer 'n kombers onvang waarop sy naam geborduur is. Daar was ook 'n sjokolade vir die wat 'n soettand het.
Onder die besoekers was Rebecca Joubert wat op haar verjaarsdag vir haar oupa, Ronnie Atkins gaan kuier het.
Annelie Bennett, Dienssentrum koördineerder, het gesê daar is baie van die manlike inwoners wat alleen is en hul kinders en familie is vêr.
"Daarom wil ons die dag vir hulle spesiaal maak. Elkeen is vir ons baie belangrik."
Charles Young (83) was baie ingenome met die kombers wat hy ontvang het. "Dit beteken baie vir ons as ons so bederf word. Ek woon baie lekker hier by Tuiniqua."
VIDEO - Vadersdag by Tuiniqua Versorgingsentrum:
Van die komberse wat manlike inwoners van Tuiniqua as deel van Vadersdag ontvang het. Foto:Eugene Gunning
Rebecca Joubert wat vandag verjaar, het by haar oupa Ronnie Atkins gaan kuier om sy Vadersdag spesiaal te maak. Foto: Eugene Gunning
Annelie Bennett, (heel regs) Dienssentrum koördineer van Tuiniqua, oorhandig Ronnie Atkins se kombers. By hulle is Caeleen Joubert, dogter en Rebecca Joubert, kleindogter. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'