GEORGE NUUS - Die tweede konsert in die lentereeks etensuurkonserte vind Woensdag 9 Oktober om 13:00 in die NG Moederkerk plaas.
Die kunstenaars by hierdie geleentheid is drie senior leerders wat gaan sorg vir 'n heerlike konsert.
Clara Adrian (sopraan), Gabriël van der Westhuizen (klassieke kitaar) en Jesse van Heerden (klavier) woon almal in George. Clara en Jesse het hul vaardigheid oor die jare bewys met uitstekende musiekeksamenresultate en akkolades by verskeie talentkompetisies, terwyl Gabriël, wat sy passie vir musiek eers op hoërskool ontdek het, nou drie instrumente speel.
Clara gaan onder andere La rondinella amante (Vivaldi), Der nussbaum (Schumann) en L'heure exquise (Reynaldo Hahn) sing.
Jesse se klavierspel sluit een van sy eie komposisies in, asook iets uit 'n nuwe genre - 'n temalied vir 'n anime (Japanese strokiesprent), en Debussy se Golliwog's cakewalk.
Jesse van Heerden
Gabriël se kitaarwerke sluit in 'n baie bekende Spaanse romanza, 'n Argentynse milonga, Tarrega se beroemde Tango en 'n etude van Villa-Lobos.
Gabriël van der Westhuizen
Die konsert begin om 13:10 en maak ongeveer 13:50 klaar. Toegang is gratis, maar donasies is welkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’